GEBORE
20 Jun. 1882
OORLEDE
19 Apr. 1973
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1913
ORDEN
1914
STANDPLASE
1914 Lindley
1915 Concordia (nou PetrusSteyn)
1923 Memel
1928 Vryheid
1945 Emeritus
1946 Harrismith
EMERITEER
1949
Ds. Francois Johannes van der Merwe is 19 April 1973 in die geseënde ouderdom van 90 jaar en 10 maande oorlede. Hy was ‘n seun van die gemeente Calvinia, waar hy 20 Junie 1882 gebore is. Sy skoolopleiding ontvang hy aan ‘n plaasskool en op die dorp en sy voorbereiding tot die evangeliebediening op Stellenbosch, waar hy 1913 die proponentseksamen aflê. Daarna bedien hy die gemeentes Lindley (1914); Concordia (nou PetrusSteyn) (1915); Memel (1923) en Vryheid (1928); September 1945 lê hy die tuig neer, maar nadat hy tydelik in Harrismith behulpsaam was, aanvaar hy 1946 ‘n beroep daarheen. Drie jaar later tree hy weer af en gedurende sy laaste lewensjare woon hy en sy hoogbejaarde eggenote by hul dogter op Pietersburg. (Jaarboek 1974/F3).