Gemeentegeskiedenis

Die NG Kerk in SA Argief op Stellenbosch het ’n groot versameling gedenkalbums van gemeentes en foto’s van kerkgeboue en gemeenteleraars. ’n Behoefte het ontstaan om al hierdie inligting digitaal op een platform beskikbaar te stel. Die doel van dié webtuiste is dus om ’n oorsig te gee van die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante wat in Sy diens gestaan het.

In samewerking met Morné van Rooyen, wat hom oor ’n aantal jare gevestig het as amateurnavorser op die gebied van gemeentegeskiedenisse, word hierdie digitale argief nou gehuisves as ’n webtuiste van die NG Kerk Argief. Die projek is moontlik gemaak deur die gedeeltelike finansiering deur dr. Keith Meintjes van Michigan, VSA.

Met die hulp van vrywilligers, studente-assistente en amateur fotograwe sal die webtuiste voortdurend uitgebrei word namate ál meer gemeentes en predikante bygevoeg word tot dit binne die afsienbare toekoms op ’n mate van volledigheid aanspraak sal kan maak. Gemeentes en ander belangstellendes word genooi om gemeentegeskiedenisse en veral foto’s van kerkgeboue in te stuur vir plasing. Stuur u bydrae na argief@kaapkerk.co.za

 

 

 

KOPIEREG: NG KERK ARGIEF
Geen deel van die webblad mag vir enige kommersiële doeleindes gebruik word en geen deel daarvan mag gedupliseer en/of versprei word sonder die Argief se skriftelike toestemming nie. Verontagsaming hiervan kom neer op skending van die Argief se kopiereg en konstitueer voorts ‘n oortreding van die POPI wet (Wet no 4 van 2013).”

 

Besoek sacoronavirus.co.za vir meer inligting oor Covid-19.