
GEBORE
4 Mei 1867
OORLEDE
9 Nov. 1929
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1892
ORDEN
1893
STANDPLASE
1895 Standerton
1914 Strand
1916 Greylingstad
EMERITEER
–
Ds. N.H.C. de Jongh Theunissen. Net toe ons ter perse gaan kom die treurige tyding dat hierdie geagte broeder, een van die oudste diensdoende predikante in die Transvaal, op Saterdagaand, 9 Nov. 1929, onverwags oorlede is. Hy is 4 Mei 1867 in die distrik Colesberg gebore, en het sy teologiese opleiding aan ons Seminarie ontvang. Gelegitimeer in 1892, is hy spoedig daarna beroep na Bethal, Tvl., waar hy georden en bevestig is in Feb. 1893 en gearbei het tot 1895, toe hy na Standerton gegaan is. Nadat hy hier ruim 19 jaar gestaan het, het hy in 1914 ‘n beroep aangeneem na Het Strand; dog sy liefde vir die Transvaalse Kerk het hom spoedig, in 1916, teruggeneem van die Provinsie as leraar van Greylingstad, wat vroeër ‘n deel van sy vorige gemeente, Standerton, uitgemaak het. Die broeder het op belangrike kommissies van die Kerk gedien en was alom geag.