gestig
29 November 1921
RING
Ring van Oudtshoorn
ADRES
Volmoed
EERSTE PREDIKANT
Ds AH Stander
Die NG Gemeente Volmoed is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Die Armoed gemeenskap in die Oudtshoorn distrik was lidmate van die NG Gemeente Oudtshoorn. Alhoewel die hoeksteen van die kerkgebou reeds in 1910 gelê is, het dit eers in 1911 amptelik ‘n wyk van die NG Gemeente Oudtshoorn geword. Gedurende 1921 het die kerkraad van die NG Gemeente Oudtshoorn uiteindelik toegestem dat die Armoedwyk kon afstig en op 29 November 1921 het dit as die NG Gemeente Volmoed tot stand gekom.
Predikante
- Adriaan Hendrikus Stander, 1922 – 1931
- Jan Johannes Marthinus Calitz, 1934 – 1944
- Berthold Alheit, 1949 – 1955
- Willem Frederick Liebenberg, 1956 – 1958
- Lodewicus Petrus du Preez, 1959 -1963
- Carl Wilhelm Irene Pistorius, 1964 – 1967
- Nicolaas Johannes Burden, 1973 – 2004
- Barnard Stepan Griebenouw, 2006 – 2009
- Andre Fourie, 2015 – hede