
GEBORE
19 Mei 1902
OORLEDE
25 April 1967
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1930
standplase
1930 Reivilo
1939 Wolmaransstad
1945 Pietermaritzburg
1948 George
1953 Uitenhage-Oos
1956 Sterkstroom
1961 Observatory
1964 Volmoed
Emeritus
–
Hy is op 19 Mei 1902 gebore en het in 1929 sy studie op Stellenbosch voltooi. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Reivilo, Wolmaransstad, Pietermaritzburg, George, Uitenhage-Oos, Sterkstroom, Observatory en Volmoed bedien. Hy het in verskillende kerklike kommissies, veral in Kaapland, gedien. As voorsitter van die Fondsekommissie het hy ‘n leidende rol in die sinodale vergaderings gespeel. As yweraar vir die sending het hy ook twaalf jaar lank as lid van die Sending-kommissie gedien, en het hy selfs op ʼn keer ʼn beroep as organiserende sendingsekretaris in Kaapland ontvang. As lid van die Raad van die Kerke het hy hom baie vir organiese kerkvereniging beywer. Hy is na ʼn lang siekbed op 25 April 1967 oorlede, kort voor sy 65ste verjaardag, wanneer hy ook sy emiraat sou aanvaar het.