Alheit, Berthold

 

gebore

19 Jan. 1892

OORLEDE

8 Apr. 1964

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1915

ORDEN

1917

standplase

19 Jan 1917 Buitelandse Sending (Natal)

3 Okt. 1919 Rustenburg

17 Jan 1925 Waterberg

29 Aug. 1931 Vosburg

10 Jul 1943 Wepener

14 Mei 1949 Volmoed

EMERITEER

1955

Ds. Berthold Alheit is op 19 Januarie 1892 in die pastorie op Dordrecht gebore. Na sy legitimasie in 1915 het hy sending-werk in Waterberg gedoen, en daarna ʼn jaar lank as hulpprediker in Pretoria opgetreë. Vervolgens het hy in die gemeente Rustenburg, Waterberg, Vosburg, Wepener en Volmoed gearbei. In 1955 het hy sy emeritaat aanvaar en daarna nog geseënde arbeid op Kleinmond as hulpleraar van Hermanusverrig. “Hy was ʼn toegewyde leraar, ’n goeie vriend en ’n minsame mens. Die liefde van Christushet sy lewe gekenmerk.” Hy het op 8 April 1964 in die ouderdom van 72 jaar beswyk toe sy skuit by Kleinmond op die stormsee omgeslaan het. – (Jaarboek 1965)