GEBORE
23 Apr. 1901
OORLEDE
28 Jun. 1972
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1927
ORDEN
1928
STANDPLASE
1928, Wellington (Hpr.)
1929 Redelinghuys
1931 Koringberg
1939 Kareedouw
1945 Tzitzikama
1946 Koringberg
1951 Nuwerus
1956 Aurora
EMERITEER
1961
Ds Jan Jakob Daniel Malan is op 23 April 1901 gebore as seun van mnr. G. S. Malan wat jare lank onder die gemeente Somerset-Wes as godsdiensonderwyser op Grabouw werksaam was. Aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf hy die grade B.A. en M.A. en, en na die voltooiing van die teologiese kursusaan die Kweekskool die vorige jaar, word hy teen die einde van 1928 hulpprediker op Wellington. Vervolgens bedien hy die gemeentes Redelinghuys (1929); Koringberg (1931); Kareedouw (1939); Tsitsikamma (1945); Koringberg (1946); Nuwerus(1951) en Aurora (1956) met bekwaamheid, toewyding en ywer. In 1967 aanvaar hy sy emeritaat, maar tot in 1971 doen hy nog afloswerk. Hy sterf op 28 Junie 1972 in ‘n hospitaal in Bellville. (Jaarboek 1973/466).