
gebore
17 Apr. 1891
OORLEDE
15 Aug. 1976
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1920
ORDEN
1921
standplase
1921 Umtali (Hpr.)
1921 Soedan
1924 Rossville
1926 King William’s Town
1930 Roossenekal
1941 Veldprediker
1948 Ferndale
EMERITEER
1952
Ds Jacob Philippus le Roux (17.4.1891 – 15.8.1976) was ‘n Vrystaatse seun. Sy eerste skoolonderrig ontvang hy in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp. Na die Anglo-Boereoorlog gaan hy na plaasskole en daarna na Thaba ‘Nchu waar hy matrikuleer. In 1914 lê hy aan die Grey-Kollege die intermediere eksamen af en die volgende jaar hou hy in die distrik Heilbron skool. In 1916 gaan hy na die Kweekskool waar hy 1920 in die proponentseksamen slaag. Nadat hy 1921 in Umtali as hulpprediker opgetree het, gaan hy na die Livingstone-Kollege in Londen vir ‘n kursus in tropiese siektes, met die oog op sendingwerk in die Soedan. Weens die siekte van sy eggenote moet hy die werk daar staak en toe bedien hy Rossville (1924); Kingwilliamstown (1926 April 1930) en Roossenekal (November 1930); Junie 1938 tree hy af, maar vanaf Augustus 1941 is hy veldprediker en sedert November 1948 staan hy in Ferndale tot sy aftrede 1952. Hy vervul sy bediening dikwels onder moeilike omstandighede, maar hy bly steeds tere gelowige en ernstige sielesoeker. Sy lang ek veelbewoë lewe eindig op Vredefort. (Jaarboek 1977/311).