Rossouw, Pieter Louis

Ds. Rossouw Pieter

GEBORE

25 Des. 1909

OORLEDE

03 Sep. 1993

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1937

ORDEN

1937

standplase

 1937 Upington (Hpr.)

1940 Prieska

1945 De Aar

1949 Johannesburg-Oos

1954 Albertinia

1958 Theunissen

1961 Cradock

1964 Observatory

Emeritus

Ds. Pieter Louis Rossouw (BA) (25.12.1909 – 03.09.1993)

Ds. Rossouw wat in die Paarl gebore is deurloop sy teologiese opleiding aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. By word in Desember 1937 tot die bediening toegelaat. Op 12 Desember van daardie jaar word by as hulpprediker op Upington bevestig.

Daarna bedien by die NG gemeentes Prieska (1940); De Aar (1945); Johannesburg-Oos (1949); Albertinia (1954); Theunissen (1958); Cradock (1961) en Observatory (1964); Hy aanvaar sy emeritaat op 10 Februarie 1974.

Ds. Rossouw was ‘n ernstige prediker en sielesoeker. By het hom beywer vir evangelisasie en het in die SKAE van Kaapland gedien. Ook die sending het hom na aan die hart gelê, veral die Mannesendingbond.

Met sy medeleraars het by hartlik saamgewerk en hom beywer vir die maandelikse dankoffers.

Ds. Rossouw en sy eggenote het vyf kinders waarvan twee seuns ook in die teologie studeer het.