Viljoen, Jacobus Albertus Van Zyl

 

gebore

21 Feb. 1877

OORLEDE

16 Okt. 1947

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1904

ORDEN

1905

standplase

Riversdal (Hpr.)

1905 Garies

1911 Brandvlei

1921 Venterstad

1927 Parys

EMERITEER

1944

Ds. Jacobus Albertus van Zyl Viljoen is op 21 Februarie 1877 te Hanover gebore. Sy skoolopleiding het hy te Hanover en Stellenbosch ontvang. Na sy Kweekskoolkursusis hy aan die einde van 1904 gelegitimeer. Op 10 Mei 1905 is hy as hulpprediker van Riversdal georden en aan die einde van dieselfde jaar is hy in sy eerste gemeente, Garies, bevestig. Na ʼn bediening van vyf jaar is hy aan die begin van 1911 na Brandvlei waar hy tot 1921 gestaan het toe hy ʼn beroep na Venterstad aanvaar het. Op 30 September 1927 is hy te Parys bevestig en sy laaste gemeente het hy tot 1944 bedien toe hy sy emeritaat aangevra het. Sy evangeliebediening was gekenmerk deur toegewyde getrouheid waarop kennelike seën nie kon uitbly nie. As prediker was hy baie gewild omdat hy met soveel oortuiging kon preek. Gedurende sy dienstyd het hy veel bygedra om die Kerk deur moeilike jare heen te help. Temidde van sy vele werksaamhede het hy hom nog aan skryfwerk ook gewy. Verskeie boeke van godsdienstige strekking het van sy hand verskyn. Hy was nog besig met ʼn publikasie toe hy op 16 Oktober 1947 oorlede is. (Jaarboek 1948).