GESTIG
1904
ring
Ring van Namakwaland
adres
Pastoriestraat, Garies
eerste predikant
Ds. J.A. van Zyl Viljoen
Die NG Gemeente Garies is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Die dorpie is omstreeks 1845 op die plaas Goedverwagting, wat ook die dorp se eerste naam was, aangelê. Die huidige naam is aan die dorp gegee deur die voormalige eerste minister van die Kaapkolonie John X. Merriman. Die NG gemeente is in 1904 van die moedergemeente Namakwaland afgestig.
Predikante
Jacobus Albertus van Zyl Viljoen, 1905 – 1911
Daniel Jacobus Rousseau, 1918 – 1920
Johannes Paulus Koekemoer, 1920 – 1922
Balthazar Johannes Kloppers, 1929 – 1938
Adriaan Erasmus van Niekerk, 1945 – 1946
Leon Maree Steenkamp, 1947 – 1959
Petrus Albertus Loots, 1957 – 1959
Barend Petrus Visser, 1961 – 1966 (in kombinasie met Kamieskroon)
Johannes Christiaan Portwig, 1971 – 1974
Gideon Jacobus Petrus Kriel, 1975 – 1978
Alwyn Johannes Nagel, 1987 – 1993
Albertus Johannes Lintvelt, 1993 – 2009
Jakobus Christiaan Matthys Smit, 2009 – 2011
Coert Reinhard Du Buisson, 2011 – 2013
Gideon Erasmus Basson, 2013 – 2016
Pieter Johannes Retief, 2017 – hede