Venter, Erasmus Albertus

 

gebore

21 Jun. 1914

OORLEDE

10 Okt. 1968

UNIVERSITEIT

 M.A., M.Th. M.Div., Ph.D., D.D

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

standplase

1938 Noorder-Paarl (Hpr.)

1939 Robertson

1944 Observatory

1947 Tarkastad

1950 De Aar

1952 Prof. Univ. van Oranje-Vrystaat

EMERITEER

Prof. dr. Erasmus Albertus Venter is op 21 Junie 1914 in die distrik Winburg gebore, en in 1938 as predikant gelegitimeer. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Noorder-Paarl, Robertson, Kaapstad (as studente-leraar); Tarkastad en De Aar bearbei. Hy was ‘n briljante student wat drie doktorsgrade verwerf het. Hy het ook in die Raad van die NG Kerke en in verskeie sinodale kommissies gedien. In 1952 is hy as hoof van die departement wysbegeerte aan die Vrystaatse Universiteit aangestel. Op 10 Oktober 1968 is hy skielik in die ouderdom van 54 jaar in Bloemfontein oorlede. (Jaarboek 1970/462).