Rossouw, Servaas Hofmeyer

 

GEBORE

11 Jan. 1890

OORLEDE

Jun. 1956

UNIVERSITEIT

–

gelegitimeer

1919

ORDEN

1920

standplase

Nieuwe Kerk, Kaapstad

1921 Senekal

1926 Albertinia

1930 Swellendam

1944 Maitland

Emeritus

1953

Ds. Servaas Hofmeyr Rossouw is op 11 Januarie 1890 op Montagu gebore. Nadat hy sy B.A.-graad op Stellenbosch behaal het, het hy aan verskeie universiteite in die V.S.A., o.a. aan die Teologiese Seminarium in Princeton, en daarna in Amsterdam, gestudeer. By sy terugkeer was hy twee jaar lank predikant van De Nieuwe Kerk, Kaapstad (1920-1921); daarna op Senekal (1921-1926); Albertinia (1926-1930); Swellendam (1930-1944) en Maitland (1944-1953); Hy was die eerste predikant in Kaapstad wat ʼn huweliksbevestiging in Afrikaans waargeneem het, en reeds in sy eerste gemeente het hy in Afrikaans begin preek. Dr. Rossouw was ‘n begaafde, bruikbare man en het in talle kerklike kommissies gedien. Hy is op 11 Julie 1956 in die ouderdom van 66 jaar Oorlede.