gestig
26 April 1957
afgestig van
NG Gemeente Windhoek
ring
Oostelike Ring
adres
H/v Martula Muhammed- en Kuisebstraat, Windhoek
eerste predikant
Ds. P.L. Scholtz
Die NG Gemeente Windhoek-Eros is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.
Dis vanuit die NG Gemeente Windhoek wat die NG Gemeente Windhoek-Eros op 26 April 1957 gestig is. Ds. P.L. Scholtz word op 13 Junie 1957 as eerste leraar ontvang en bevestig. Op 10 Mei 1958 word die eerste kerkgebou ingewy. In Mei 1961 neem die gemeente afskeid van Ds. Scholtz.en na 4 maande sonder ‘n leraar word Ds. PA du Toit in September onvang & bevestig en in Maart 1967 tydens die tien jaar fees word daar afskeid geneem van Ds. du Toit.
Ds. PC van Rooyen word op 28 Mei 1967 ontvang en bevestig. ‘n Mede-leraarspaar, Ds. en mev. AS Benecke, is op 13 Junie 1971 in Eros gemeente ontvang en bevestig. Afskeid van Ds. PC van Rooyen vind op 8 Augustus 1971 plaas. In 1974 op 12 Maart, besluit die kerkraad om ‘n nuwe kerkgebou op te rig en 3 Jaar later op 15 April 1978 vind die inwyding van die nuwe kerkgebou plaas. In 1983 op 23 Januarie word Ds. GJ Engelbrecht by Eros gemeente verwelkom. Na agtien jaar diens aan Eros Gemeente veraat die Beneckes Windhoek op 30 September 1989. In Januarie 1990 word Ds. Serfontein as mede-leraar bevestig en hy trou op 6 April, die volgende jaar, met Betsie Smit. Na 13 jaar in Eros verhuis die Engelbrecht gesin in 1996 na Suid Afrika en op 20 September 1997 word Ds. Van den Berg as 6de predikant van Eros verwelkom.
Predikante
- Philippus Lodewicus Scholtz, 1957 – 1961
- Paul Albertus du Toit, 1961 – 1967
- P C van Rooyen, 1967 – 1971
- Andrew Stephen Benecke, 1971 – 1989
- Gerhardus Johannes Engelbrecht, 1983 – 1996
- Johann Friedrich Serfontein, 1990 – hede
- Fourie van den Berg, 1997 – hede
- Marco Koch, 2019 – 2022