GEBORE
21 Jan. 1930
OORLEDE
Jan 1991
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1955
ORDEN
1956
standplase
1956 Windhoek
1957 Windhoek-Eros
1961 Koës
1964 Montagu
Emeritus
–
Ds. Philippus Lodewikus Scholtz, BA (21.01.1930 – Jan 1991);
Ds. P L (Flip) Scholtz (60); wat van 1970 tot 1990 leraar van die Sonnekus-gemeente (Milnerton) was, is na ‘n lang siekbed in Kaapstad Oorlede. Ds. Scholtz was vroeër ook leraar van die gemeentes Windhoek, Windhoek-Eros, Koes en Montagu.
Alhoewel sy siekte ds. Scholtz verplig het om vroeg af te tree, het hy nog steeds voortgegaan om geestelike werk te doen wanneer dit vir hom moontlik was. Hy was daarvoor bekend dat hy sy roeping met groot erns bejeën, leraarspligte onvermoeid nagekom, en die Woord suiwer bedien het.
Volgens ds. Tappies Moller, vriend van ds. Scholtz, het laasgenoemde altyd die moed van sy oortuiging gehad om sy mening te lug in die verskillende belangrike kerklike kommissies en onderwys-verenigings waarin by gedien het. “Hy was geseën met ‘n besondere humor- sin en was geliefd by Milnerton se mense. Veral Huis Zonnekus, die huis vir bejaardes, het hom na aan die hart geld. Hy het diep spore gelaat en sy werk en invloed sal nie gou vergeet word nie.”
Ds. Scholtz laat sy eggenote, Babsie, en seun, Flippie en skoondogter met hulle babaseuntjie, Flippie, agter.