Viljoen, Izak Jacob

 

gebore

6 Sep. 1896

OORLEDE

19 Jan. 1980

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1924

ORDEN

1925

standplase

1925 Port Elizabeth (Hpr.)

1925 Steynsburg

1931 Adelaide

1940 Somerset-Oos

1956 Philadelphia

EMERITEER

1961

Ds. Izak Jacob Viljoen (6.9 .1 8 9 6 – 19.1.1980); wat na sy aftrede in die Strand gewoon het, is na ʼn aanval van beroerte in die hospitaal op Somerset-Wes oorlede. Sy geboorteplek was Hanover en die laaste gedeelte van sy skoolloopbaan hy aan die ou Stellenbosse Hoër Jongenskool af. In 1917-1920 volg hy die “Intermediëre Admissie”-kursusaan die Victoria Kollege wat in die tyd die Universiteit van Stellenbosch word en 1921-1924 studeer hy aan die Kweekskool. Nie lank n sy legitimasie nie, word hy 7.3.1925 as hulpprediker in Port Elizabeth bevestig. Vervolgens lê sy arbeidsveld in die Oos-Kaaplandse gemeentes Steynsburg (Augustus1925); Adelaide (*1931) en Somerset-Oos (*1940) en eindelik in die Bolandse Philadelphia in die Koeberg (*1956); waar hy 3.1.1962, na ʼn ryke en volle bediening van 37 jaar, eervol ontslaan word. Deur sy takvolle en onder alle omstandighede waardige optrede, deur sy diep ernstige en treffende prediking en, les bes, deur sy hoflike en minsame omgang, het hy besonder baie vir sy gemeentes beteken en so werk van ewigheidswaarde gedoen. In die sinodes was hy ʼn gewilde en oortuigende spreker. Die woord “drukgang” wat aan die lewe op ʼn skaapplaas in die Karoo herinner en wat vandag nog meermale in kerklike vergaderings gebruik word, het sommige van ons ouer predikante moontlik die eerste keer in een van die debatte oor die afstigting van Oos-Kaapland uit sy mond gehoor. Hy was ʼn kragtige prediker, wat die gawe besit het om sy boodskap deur raak beelde toe te lig. Die Kerk in wyer verband dien hy onder andere as lid van die Raad van die Kerke – voor die kerkvereniging van 1962 – en van die kuratorium van die Kweekskool. Verder het hy hom veral vir jeugwerk en vir die sending beywer. In die gemeentes waar hy gestaan het, neem hy die voortou in die totstandkoming van sendingwerkkringe. Terwyl hy tot die stigting van ons kerk se Transkeisending meegewerk het, word die werk in die Transkei sowel as in die Ciskei op sy inisiatief uitgebrei en weens sy volgehoue bemoeiinge in belang van die werk word hy tot lewenslange erelid van die Transkei en Ciskeise Sendingraad benoem. By die stigting van die Ned Geref Bantoekerk- nou die NGKA Kaapland in 1951 in Oos-Londen was hy teenwoordig. (Jaarboek 1981/259).