Streicher, David Johannes

 

GEBORE

31 Mrt. 1900

OORLEDE

17 Mrt. 1978

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1932

ORDEN

1936

STANDPLASE

1936 Greylingstad (Hpr.)

1940 Balfour

1948 Christiana

EMERITEER

1964

Ds David Johannes Streicher (31.3.1900 – 17.3.1978) het hom na sy aftrede 1964, in sy vroeëre gemeente Balfour gevestig. Hy voltooi sy studie einde 1932 op Stellenbosch en is sedert sy bevestiging daar op 25.1.1936 hulpprediker in Greylingstad, totdat hy laat 1940 na Balfour vertrek. Vanaf Oktober 1948 staan hy in die gemeente Christiana. Mense wat hom geken het, onthou hom as ‘n nette, praktiese en sorgsame Christen. (Jaarboek 1979/271).