Snyman, David Stefanus

Ds. Snyman David

gebore

13 Okt. 1917

OORLEDE

11 Feb. 1991

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1944

ORDEN

1945

standplase

1945 Piet Retief

1947 Johannesburg

1953 Kroonstad-Suid

1960 Alg. Sendingsekr. (0.V.S.)

EMERITEER

Ds. David Stefanus Snyman, BA (13.1O. 1917 – 11.02.1991);

David Snyman is gelegitimeer in 1944 en het die gemeentes Piet Retief (1945); Johannesburg (1947); Kroonstad-Suid (1953) bedien. Sedert 20 Maart 1960 was by Algemene Sendingsekretaris van die OVS. In 1983 is by tot moderator van die Vrystaatse Sinode verkies. Van toe af het hy tot in 1986 in die Breë Moderatuur gedien.

Die volgende skets oor sy lewe het in Die Kerkbode verskyn: “Dit was my besondere voorreg om vir die 28 jaar dat ds. David Snyman die Algemene Sendingsekretaris van die Ned Geref. Kerk in die OVS was, baie nou met hom saam te werk. Die sendingwerk in Qwaqwa (vroeër bekend as Witsieshoek) het direk onder hom as sendingsekretaris gestaan. Vir ons wat daar gewerk het, was hy ‘n gawe van die Here. Nadat by in 1977 ‘n baie ernstige hartaanval wonderbaarlik oorleef het, deurdat die Here hom uit die dood aan ons teruggegee het, het by ons aan die begin van 1978 in Qwaqwa besoek. By ‘n vergadering van verteenwoordigers van die verskillende gemeentes aldaar, het sy boodskap ons almal in die hart gegryp en opnuut besiel vir die taak. Sy boodskap het uit Hand 20:24 gekom: “Maar ek bekommer my glad nie en ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesusontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

“‘n Man deur die Here uit die dood gered. In die oë van die meeste mense iemand wat van toe af rustig moes lewe, het hy sy brose lewe nie vir homself dierbaar geag nie, maar homself algeheel tot beskikking van die Here gestel vir die uitdra van die evangelie van die genade van God. Vir die volgende jare, tot sy dood, was dit dan ook sy strewe om deur die genade van die Here aan hierdie bediening met getrouheid uitvoering te gee. Eintlik het die woorde van die betrokke teks sy hele bediening, maar veral die 28 jaar in sendingdiens, opgesom.

“Sedert die totstandkoming van die Algemene Sinodale Sendingkommissie (ASSK) in 1962 tot en met sy aftrede as sendingsekretaris in September 1988, was hy die besielende voorsitter daarvan. Sy gesonde, koersvaste en inspirerende leiding het hierdie kommissie steeds nuwe vergesigte ten opsigte van die sending laat sien, en die kerk aangemoedig om in die geloof groot dinge in die Naam van die Here aan te pak. Sy rustige maar besliste en duidelike leiding as voorsitter van kommissies, het hom in die kerk ‘n leier laat word en ‘n

anker aan wie se advies die kerk, wanneer probleme in die sendingwerk ontstaan het, vasgehou het. As leier op sendinggebied, het by nooit opgehou om die boodskap van die Skrif in hierdie verband na te speur nie.

“In Qwaqwa staan daar vandag baie monumente wat die naam van ds. Snyman in herinnering roep. Hy het intens in die werk in Qwaqwa belang gestel. Hy het ook ‘n baie deeglike kennis van die werk aldaar opgebou. Dikwels is ons, wat daar gewerk het, deur sy kennis van die werk tot in fyn besonderhede, verbaas. Vir ons was hy ‘n vader en vriend wat ook in die werkers en hulle gesinne belanggestel het.

“Vir die werk in Qwaqwa het hy op sekere dae spesifiek gebid. Hy was nooit tevrede met minderwaardige werk vir die Here nie – daarvan getuig die dertien doelmatige kerkgeboue en veertien pastorieë wat gedurende sy tyd as sendingsekretaris in Qwaqwa opgerig is. Saam met die werkers het by hom altyd in die vooruitgang en groei van die werk van die Here in Qwaqwa verbly.

“Hy was oortuig dat sending die handeling van die drie-enige God met die wêreld is, en dat Hy daarmee sal voortgaan tot met die wederkoms. Vir hom was deelname aan sendingwerk om deel te hê aan die triomftog van die triomferende Christus (2 Kor. 2:14).

Vir ons wat hom geken het, met hom saamgewerk het, hom liefgehad en waardeer het, laat sy heengaan ‘n groot leemte. Soos wat ons hom dikwels in sy gebed gehoor het, dat by die Here prys, wil ook ons nou al die eer, die lof en die aanbidding en die dank vir so ‘n gawe aan God toebring”. – N W Basson.