Roux, Abraham Lodewicus

Ds. Roux Abraham

GEBORE

9 Okt. 1905

OORLEDE

5 Jul. 1964

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1935

ORDEN

1936

standplase

Reivilo (Hpr.)

1938 Olifantshoek

1944 Barkly-Wes

1948 Barberton

1950 Knysna

1955 Roodepoort

1959 Algoapark-Noord

1963 Die Strand

Emeritus

Ds. Abraham Lodewicus Roux is op 9 Oktober 1905 gebore. Na sy legitimasie in 1935 het hy eers byna ‘n jaar in diens van die C.S.V. in Transvaal en die Vrystaat gereis: vandaar dat hy gedurende sy hele bediening so ‘n beminde en bekende vriend en helper op CSV en jeugkampe was. In 1936 is hy as predikant van Reivilo bevestig; daarna het hy agtereenvolgens die gemeentes Olifantshoek, Barkly-Wes, Barberton, Knysna, Roodepoort, Algoapark-Noord en Strand (tot sy heengaan) bedien. Hy het hom veral beywer vir die evangelisasie en sendingarbeid van die kerk, en in die Iaaste jare hom op besondere wyse toegelê op die geestelike verdieping van die gelowiges en op Goddelike genesing van krankes. Hy is op 5 Julie 1964 na ʼn hartaanval tydens sy vakansie op Knysna oorlede, in die ouderdom van 58 jaar.