NG Gemeente Olifantshoek

NG Gemeente Olifantshoek

gestig

7 Maart 1916

afgestig van

NG Gemeente Deben

RING

Ring van Deben

ADRES

H/v Court- en Coxstraat, Olifantshoek

EERSTE PREDIKANT

Ds

Die NG Gemeente Olifantshoek is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

Ds. Jacob Stefanus Dreyer (1898–1978) het die gemeente vanaf 21 September 1918 bedien nadat hy die vorige jaar in sy eerste gemeente, Bulawayo, bevestig is. Middel 1928 het hy na Marchand vertrek. Daarna het hy ook Jacobsdal en eindelik Ugie van 1948 tot sy emeritaat in 1956 bedien. Ds. Dreyer, wie se noemnaam Japie was, was getroud met Elsje Jansen van Rensburg,  ’n onderwysers en boorling van Tarkastad. Vyf kinders, drie seuns en twee dogters, is uit hul huwelik gebore, onder wie Engela op 9 April 1924 hier op Olifantshoek. Sy is op 18 Januarie 1949 met dr. Andries Treurnicht getroud. Hy is in 1993 oorlede en sy in 2020 in die ouderdom van 96 jaar.