gestig
1918
Eerste predikant
RING
Fauresmith
ADRES
Bokmakieriestraat 25, Gariepdam
Die NG Gemeente Springfontein is ‘n Vrystaatse gemeente in die Ring van Fauresmith, waarin dit die jongste gemeente is, al is dit reeds in 1918 gestig. Die NG Gemeente Fauna is ‘n gemeente in die Vrystaatse Sinode.
Gemeentestigting
Voor die afstigting van Springfontein het ‘n kommissie bestaande uit die here B.J. Strauss, A.I. van Zyl, A.J. Strauss, W. Norval en A.J. Lubbe die belange van die lidmate van die NG Kerk behartig. ‘n Kerkie met 240 sitplekke is gebou teen ‘n koste van sowat £500. Op 28 April 1917 het die Kommissie besluit om die kerkraad van Bethulie, waaronder Springfontein geressorteer het, te versoek om af te stig as ‘n eie gemeente. In die jaar 1918 is hierdie gemeente toe afgestig van die gemeentes Bethulie, Trompsburg en Philippolis met ds. Andries Stockenström as eerste konsulent, en kerkraad bestaande uit die brs. ouderlinge C.J. Strauss, P.J. Louw, A.I. van Zyl en D.J. Louw; en diakens T.D. Botha, A.J. Lubbe, J.W.S. Hoffman, M.A. Noordman, S.W. Pienaar en W.D. Gertenbach. As eerste scriba het opgetree mnr. A.J. Lubbe en as kassier mnr. C.J. Strauss.
Op 17 Augustus 1918 is besluit om ‘n leraar te beroep. Op 7 Desember 1918 is prop. M.J. Mey beroep as eerste leraar van hierdie gemeente. ‘n Gebou is in die dorp aangekoop om te dien as die pastorie. Aan die begin van 1919 is mnr. M.A. Strauss gekies as scriba-kassier en het minstens 30 jaar daarna nog as sodanig gedien. In Augustus 1919 is mnr. G. Gous aangestel as eerste koster. In Augustus 1919 is besluit om ‘n sendinggemeente te stig. Mev. C.J. Strauss het aan die begin gedien as orreliste, en is in Augustus 1919 opgevolg deur mej. M. Botha. In 1920 is ‘n nuwe pastorie gebou teen ‘n koste van £2700.
Kerkbou
Op 13 Desember 1924 is ds. M.J. de Kock van Grahamstad beroep na die gemeente waar hy gearbei het tot 1942. In 1943 is ds. L.E. du Toit hierheen beroep, en in Junie 1945 is ds. C.J. Steyn hierheen beroep. Met groot ywer het hy die reuse-taak aangepak om ‘n moderne kerkgebou op te rig. Binne drie jaar het ds. Steyn die pragtige som van bykans £16 000 ingesamel en kon die nuwe godsgebou, waarvan ds. Steyn die hoeksteen op 19 Maart 1947 gelê het, sonder skuld ingewy word, volgens Ons gemeentelike feesalbum, “voorwaar ‘n groot prestasie”. Dis nie bekend wie die argitek was nie, maar volgens die hoeksteen was die bouaannemers die here Porter en Otte.
Predikante
- Marthinus Johannes Mey, 1919–1924
- Matheam Johannes de Kock, 1925–1942
- Lourens Erasmus du Toit, 1943–1945
- Carl Jacobus Steyn, 1945–1954 (aanvaar sy emeritaat)
- Paules Kruger Roodt, 1955–1962
- Onbekend
- Wilhelm Marthinus Strydom, 1967–1970
- Dirk Wouter Holtzhausen, 1971–1975
- Johannes Jacobus van Straaten, 24 Januarie 1976–1980
- Willem Hendrik Johannes van der Hoven, 1980–2009 (insluitend NGKA-gemeente tot 1999; aanvaar sy emeritaat)
- Willie van Eeden, 2009–2013
- Delmarie Viljoen, 2014 – hede