GEBORE
1 Mei 1933
OORLEDE
25 Okt. 1982
UNIVERSITEIT
US
GELEGITIMEER
1958
ORDEN
1958
STANDPLASE
1959 George
1961 Blanco
1972 Makwassie
EMERITEER
–
Hy is sedert 1972 leraar van Makwassie in Wes-Transvaal, is op betreklik vroeë leeftyd aan ‘n hartaanval oorlede. Nadat hy op Stellenbosch ‘n MA in filosofie verwerf en sy teologiese studie voltooi het, word hy in 1958 gelegitimeer. Sy bevestiging in die moedergemeente George in Suid-Kaapland vind op 18.7.1959 plaas. Teen die einde van 1961 verskuif hy na Blanco wat tien jaar tevore van George afgestig is en nadat hy byna elf jaar daar werksaam was, gaan hy na sy laaste gemeente, waar hy op sy kenmerkende rustige wyse sy taak verrig. In sy omgang was hy aangenaam en daarom ook by sy mense gewild. As student was hy ‘n gewigopteller en dwarsdeur sy bediening behou hy sy belangstelling vir die wysbegeerte en wysgerigte studie. (Jaarboek 1983).