
GEBORE
15 Januarie 1911
OORLEDE
19 Mei 1988
UNIVERSITEIT
US; MTh (Princeton)
GELEGITIMEER
1937
ORDEN
1938
STANDPLASE
1938 Bulawayo
1946 Gwelo
1956 Salisbury
EMERITEER
1976
Abraham Faure Louw studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en behaal hierna die graaf Th.M. aan die Princeton-universiteit in die VSA. Hy word in 1937 gelegitimeer as leraar in die NG Kerk en in 1938 georden in die NG gemeente Bulawayo, vanwaar hy in 1946 na die gemeente Gwelo vertrek. Hier speel hy ‘n deurslaggewende rol in die oprigting van die Daisyfield-kinderhuis, waarvan hy die eerste direkteur was, en beywer hy hom vir die saak van skoolopvoeding. In Rhodesië was hy ‘n leier op kerklike gebied en ook van die Afrikanergemeenskap. Hy word dan ook later verkies tot moderator van die destydse NG Sinode van Midde-Afrika. Van 1950 is hy medeleraar van Gwelo en direkteur van Bothashof, die Afrikaanse skool in Rhodesië wat uit Daisyfield ontstaan het. In 1956 verskuif hy na die NG gemeente Salisbury en, met die verhuising van die skool na die hoofstad van die kolonie, bly hy aan as direkteur van Bothashof tot 1976.