Kotze, Gideon Johannes

Gebore

29 Mei 1921

Oorlede

12 Jul. 1991

Universiteit

B.A., B.D., Hon. D.D. (US); D.D (PU vir CHO)

Gelegitimeer

1948

Orden

1949

Standplase

1949 Observatory

1950 Drieankerbaai

1956 Vredelust

Emeritus

Dr Gideon Kotze, bekende predikant van die Tygerberg, het aan ‘n hartaanval beswyk terwyl by besig was om hom vir ‘n dooppreek voor te berei in sy huis in Loevenstein in Bellville.

Dr Kotze, wat drie doktorsgrade in die teologie verwerf het, was 32 jaar lank predikant van die gemeente Vredelust in Bellville. Sy bediening as predikant het in 1949 in die NG gemeente Observatory begin. Daarna was by predikant van die NG gemeente Drieankerbaai (van 1950-1955); waarna by en sy vrou, Mattie, pastoriepaar van Vredelust geword het.

Dr Kotze was ‘n bekende radioprediker en sy gereelde bydraes oor Radiokansel is baie goed ontvang. Hy was ook vir baie jare pastorale raadgewer van Bybelkor. Hy het ook heelwat bekendheid verwerf as toerleier en was goed bekend met Israel.

Een van sy doktorsgrade in teologie het by verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch oor die praktiese teologie. Nog een, oor Carl Rogers se leerdergesentreerde terapie, het by aan die Potchefstroomse Universiteit verwerf.

Dr Kotzé word oorleef deur sy vrou, Mattie, drie kinders – dr Ben Kotze, mev Mare Cuff en mev Hanlie Mather – en vyf kleinkinders.

Die begrafnis is Maandag, 15 Julie, uit die gemeente Vredelust gehou en ds Evard Huisamen, streek hoof van Radiokansel in Kaapland, was die prediker. (Jaarboek)