GEBORE
23 Sep. 1910
OORLEDE
18 Mrt. 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1939
ORDEN
1940
standplase
Kuruman (Hpr.)
1943 Prins Albert
1947 Vredenburg
1959 Demissie
EMERITEER
–
Ds. Unio Joubert: Hy is op 23 September 1910 op Hoopstad gebore. Na hy sy skoolopleiding op Barkly-Wes voltooi het, het hy hom as predikant bekwaam en is hy in 1939 gelegitimeer. Sy eerste beroep was as hulpleraar na Kuruman, en daarna het hy die gemeentes Prins Albert en Vredenburg met vrug bedien, totdat hy in 1955 om gesondheidsredes sy emeritaat moes aanvaar. Daarna was hy nog in die gemeentes Parow, Parow-Oos, Tiervlei-Oos en Bellville-Oos behulpsaam, en het hy ‘n tyd lank as spoorwegpredikant in Bellville gehelp. Kort nadat hy nog ‘n biduur gelei het, is hy op 18 Maart 1966 skielik oorlede in die ouderdom van 55 jaar. (Jaarboek 1967/564).