Hanekom, Hendrik Andries

 

gebore

17 Mrt. 1878

OORLEDE

2 Des. 1943

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1907

ORDEN

1908

standplase

Oudtshoorn (Hpr.)

1909 Clocolan

1912 Alexandria

1921 Albanie

1927 Jacobsdal

1931 Trompsburg

EMERITEER

1943

Ds. Hendrik Andries Hanekom is gebore op 17 Maart 1878 in die distrik Moorreesburg. Sy opleiding het hy ontvang in die Normaalskool en die Suid-Afrikaanse Kollege, Kaapstad. Vir sy teologiese studies is hy na Stellenbosch waar hy aan die einde van 1907 gelegitimeer is. Sy eerste standplaas was Oudtshoorn waar hy in 1908 as hulpprediker georden is. Die volgende jaar is hy na Clocolan en na drie jaar het hy ‘n beroep in 1912 na Alexandria aangeneem. Nege jaar lank het hy hier gearbei en toe na Albanie vertrek waar hy ses jaar gestaan het. Sy vyfde standplaas was Jacobsdal en na ‘n driejarige bediening is hy in 1930 na sy laaste gemeente, naamlik Trompsburg. Sy hele bediening was vrugbaar en geseënd want dit was gekenmerk deur innige godsvrug en toegewydheid. Hy het ‘n kragtige invloed op sy gemeentelede uitgeoefen. Teen die einde van 1943 het hy sy emeritaat aanvaar, maar hy het pas afskeid geneem toe hy op 2 Desember 1943 te Bloemfontein oorlede is.