Frier, Johannes Hermanus

Ds. Frier Johannes

GEBORE

4 Apr. 1914

OORLEDE

17 Jan. 1980

UNIVERSITEIT

B.A. (Hug Kol), M.Th. (US)

GELEGITIMEER

1936

ORDEN

1937

STANDPLASE

1937 Sendeling Barkly-Oos tot 1940

1941 verdere studie

1943 as predikant gelegitimeer

1944 Somerset-Oos

1946 Kokstad

1948 Louis Trichardt

1958 Carolina

21 Nov. 1964 Dutoitspan

1968 Primrose-Heuwel

EMERITEER

Jun 1969

Ds Johannes Hermanus (Bud) Frier (4.4.1914 – 17.1.1980); wat Junie 1969 weens verswakte gesondheid uit die bediening moes tree, is op Mooiplaas in die distrik Kuruman gebore. Hy gaan eers na die laerskool op Olifantshoek (waar daar intussen ook ‘n gemeente gestig is) en toe na die bekende Seodin-Hoërskool waar hy in 1932 matrikuleer. As st 8-seun het hy by ‘n CSV-konferensie op Parys besluit om in die bediening te gaan en daarom vertrek hy na Wellington waar hy einde 1936 vir diens in die Sendingkerk toegelaat word en ook die BA-graad van die Hugenote-Universiteitskollege ontvang. Op 13.11.1937 word hy in die sendinggemeente Barkly-Oos wat ook Rossville (Rhodes) ingesluit het – georden en daar werk hy totdat hy 1939 na Stellenbosch gaan om verdere vakke vir die toelating tot die Kweekskool te neem. In 1940 is hy in sy gemeente terug, maar toe die Kaapse Sinode van daardie jaar aan hom ‘n jaar korting op sy teologiese studie toestaan, studeer hy 1941 tot 1943 – die spanningsvolle jare van Wêreldoorlog II – aan die Kweekskool om toe ook vir diens in die Moederkerk gelegitimeer te word. Verder kry hy van die kweekskool die destydse MTh-graad met lof. Daarna bedien hy agtereenvolgens Somerset-Oos (1944); Kokstad (1946); Louis Trichardt (1948); Carolina (1958); Dutoitspan (1964) en Primrose-Heuwel (1968); In die Kaapse kerk was hy onder andere ‘n lid van die Kommissie vir Arbeid onder die Spoorwegpersoneel. Hy sterf in ‘n hospitaal naby Kaapstad waar hy ‘n geruime tyd versorg en verpleeg is. (Jaarboek 1981/253).