GEBORE
–
OORLEDE
25 Sep. 1943
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1911
ORDEN
1913
STANDPLASE
Saulspoort
1922 Jagersfontein
1930 Witsieshoek
1938 Memel
1942 Hopefield
EMERITEER
–
Eerw. Daniel Jacobus Faasen is ‘n seun van Wellington waar hy hom vir onderwyser asook vir die evangelie-bediening laat oplei het. Aan die einde van 1911 is hy gelegitimeer. Sy eerste werk was in Transvaal te Saulspoort vanaf Julie 1912. Op 5 Oktober 1913 is hy te Laingsburg vir die reedsgenoemde werk georden waar hy dan ook gearbei het tot aan die einde van 1921. In Januarie 1922 het hy met sy werk te Jagersfontein ‘n aanvang gemaak. Gedurende 1930 het hy ‘n beroep na Witzieshoek aangeneem en die gemeente tot 1938 bedien toe hy na Memel vertrek het om daar in die wyngaard van die Here tot 1940 werksaam te wees, toe hy huisvader van die Sendinginstituut te Wellington geword het. Gedurende 1942 het hy ‘n beroep na Hopefield aangeneem waar hy werksaam was toe hy onverwags op 25 September 1943 vir hoër diens opgeroep is. Hy het ‘n vrugbare bediening gehad. Hy het in al sy gemeentes met groot toegewydheid en kennelik vrug gearbei.