
gebore
3 Jan. 1895
OORLEDE
7 Mrt. 1980
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1924
ORDEN
1925
standplase
1925 Roossenekal
1929 Ermelo
EMERITEER
1965
Ds. Nicolaas Jacobus (Nico) Veltman (3.1.1895 – 7.3.1980); wie se naam nog lank aan die van Ermelo gekoppel sal bly omdat hy die 40 jare van sy aktiewe bediening op vier na aan hierdie gemeente gewy het, was ʼn Vrystaatse seun – gebore in Fouriesburg en daar opgelei en op Lindley gematrikuleer. Hierna hou hy ʼn jaar of wat skool, maar toe hy weens sy deelname aan die Rebellie van 1914 geskors word, werk hy ʼn jaar by ʼn handelsaak. Vervolgens behaal hy aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria eers die Intermediëre BA (*1917) en toe die BA (*1919); Hy is ʼn besondere skrander student en 1918 staan sy naam bo-aan die lys van suksesvolle kandidate in die Taaleksamen van die Saamwerkunie van Natalse verenigings – ʼn prestasie wat aan hom ʼn goue medalje besorg. Voordat hy 1921 vir sy teologiese opleiding na Stellenbosch gaan, tree hy weer tot die onderwys toe, hierdie keer as sekondêre onderwyser in Latyn, Nederlands. en natuurwetenskap op Senekal, enkele maande na sy legitimasie, word hy 28.3.1925 op die kerk se nedersetting De Lagersdrift as leraar van Roossenekal bevestig. Oktober 1928 begin sy lang en geseënde dienstyd in Ermelo – eers as tweede predikant en na die aftrede van ds. Paul Nel snr. as eerste predikant – wat, etlike beroepe ten spyt, tot sy aftrede 28.3.1965, presies 40 jaar n sy ordening, duur. In die Transvaalse kerk dien hy onder andere in die Nedersettingskommissie, dikwels in die Sinodale Kommissie, in die Kommissies vir Evangelisasie, die Diens van Barmhartigheid en die Kerkboekhandel, in die Kommissie van Orde en ook in die Kieskollege. Verder toon hy deurgaans ʼn lewendige belangstelling in die onderwys. So was hy en andere vir die oprigting van die Hoër Handelskool Albert Hertzog (L. ater as die Ligbron Tegniese skool bekend) verantwoordelik. Hiervan skryf hy self: “Ons kon nie toesien dat die kinders van ons volk aan volksvreemde en geloofstryding inrigtings in die meer praktiese vakke soos snel en tik s u ontvang nie. Daarom was die stigting van hierdie skool ʼn geloofsdaad gewees”. Van die skool se advieskomitee was hy, soos ook van die Skoolraad van Ermelo en van die beheerraad van die Hoërskool Ermelo, jare lank voorsitter. Ook slaag hy daarin om die groot skuld wat op die skoolkoshuise gerushet, van die kerk se skouers te neem deur hulle aan die staat te verkoop. Tydens sy bediening in Ermelo word die knellende skuldelas van £46 000 gedelg en daarna eers ʼn sierlike kerkgebou Oktober 1946 en toe ʼn doelmatige kerksaal “kontant” ingewy. Ook is die gemeentes Breyten en Ermelo-Oos in die tyd van die moedergemeente afgestig. As mens was hy liefdevol en belangstellend teenoor almal en daarby met ʼn mooi humorsin bedeel. Die gemeente getuig dat hy as “ʼn man vir vrede en rustigheid” sy kerkraadsvergaderings op ʼn kalme wyse gehanteer en ook daar goeie leiding gegee het. Met die opening van Ermelo se burgersentrum in 1977 ken die stadsraad, uit erkentlikheid vir sy jarelange diens aan die gemeenskap op verskillende gebiede, die ereburgerskap van die dorp aan hom toe en in die eeufeesjaar van die mooi dorp waar hy meer as ʼn halwe eeu gewoon het, gaan hy stil heen. (Jaarboek 1981/259).