gebore
10 Nov. 1919
OORLEDE
30 Mei 1967
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1950
ORDEN
1951
standplase
1951 Lindley
1959 De Rust
1966 Lyttelton
EMERITEER
–
Ds. PJ Steyn is op 10 November 1919 in die Groot-Karoo gebore. Na voltooiing van sy skoolloophaan was hy vyf jaar werksaam by die Suid-Afrikaanse Spoorweë in Durban. Daarna is hy na Stellenbosch om hom vir die evangeliebediening te bekwaam. Hy is in 1950 gelegitimeer, en het agtereenvolgens die gemeentes Lindley, De Rust en Lyttelton bedien. In 1962 het hy ‘n ernstige hartaanval gehad, waar van hy wonderbaarlik herstel het, maar sy gesondheid was geknak. Nogtans het hy hom met hernieude oorgawe en toewyding in die werk van die Here gewerp. Hy was ‘n ernstige en onvermoeide sielsoeker; huisbesoek was vir hom ‘n gewigtige saak. Hy is op 30 Mei 1967 op 47-jarige ouderdom skielik Oorlede.