
GEBORE
23 Okt. 1870
OORLEDE
13 Sept. 1948
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1899
ORDEN
1900
standplase
1900 Knysna
1908 Joubertina
1928 Murray
Emeritus
1938
Ds. Petrus Jacobus Retief is op 23 Oktober 1870 te Graaff-Reinet gebore waar hy ook sy skoolopleiding ontvang het. Vir sy teologiese kursusis hy na Stellenbosch. Aan die einde van 1899 is hy gelegitimeer en die volgende jaar is hy te Knysna georden en bevestig. Hierna het hy nog die volgende gemeentes bedien, Joubertina (1908-1920); Alexandria (1920-1928); Murray (1928 – 1938); Na sy emeritaat in 1938 het hy te Worcester gaan woon. Hy was ‘n innige toegewyde kind van die Here, ‘n man met besondere gawes om geestelike werk te doen. Die geestelike welvaart van sy gemeentelede het by hom swaar geweeg. Hy het dan ook die Strewers-vereniging besonder sterk ondersteun omdat hy dit as middel beskou het om lidmate geestelik te verdiep. Sy lewe het getuig van sy bewustheid dat hy voortdurend in die gemeenskap van sy Heer lewe. Sy arbeid was dan ook nie sonder kennelike seën nie. Hy is op 13 September 1948 oorlede.