
gebore
6 Nov. 1924
OORLEDE
28 Mei 1983
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1955
ORDEN
1956
standplase
1956 Warmbad, Tvl.
1960 Na Sendingkerk: Elandsrivier
1968 Naboomspmit
1972 Potgietersrust
Julie 1976 Keimoes
EMERITEER
–
Ds. Gert Abraham Jacobus Van Zyl (6.11.1924-28.5.1983) van Keimoes het in Februarie 1983 siek geword en was lank bewusteloos voordat hy in Pretoria oorlede is. Buiten die BA en ʼn diploma in die teologie, behaal hy ook die MTh en nadat hy sy studie in 1955 aan die Teologiese Fakulteit in Pretoria voltooi het, bedien hy die Noord-Transvaalse NGKA-gemeentes Warmbad waar hy op 21.4.1956 bevestig is, Elandsrivier (*1960) en Naboomspmit (*1968); In 1972 neem hy ʼn beroep na die Moedergemeente Potgietersrusaan en sedert Julie 1976 staan hy in sy laaste gemeente. Hy was ʼn stil en beskeie man wat sy taak pligsgetrou verrig het. (Jaarboek 1984).