GEBORE
1883
OORLEDE
14 Apr. 1965
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1909
ORDEN
1910
standplase
Wynberg Moedergemeente
1910 Ermelo
1912 Wynberg-Moedergemeente
1919 Warmbad, Tvl.
EMERITEER
1957
Ds. Gerrit Hendrik Jansen van Rensburg is in 1883 gebore. Hy het as jong man aan die Tweede Vryheidsoorlog deelgeneem, is krygsgevange geneem en na Indië gestuur. Met sy terugkeer het hy na verdere opleiding na die Sending-Instituut op Wellington gegaan, waar hy in 1909 as sendeling gelegitimeer is. Eers het hy ʼn rukkie in die Wynberg-moedergemeente gehelp: daarna is hy na Ermelo, en toe weer terug na die Wynberg-moedergemeente, waar hy sewe jaar lank behulpsaam was. In 1919 is hy na Warmbad. Tvl., waar hy 38 jaar lank as pioniersendeling met groot vrug gearbei het. Dit was ʼn baie uitgestrekte en moeilike arbeidsveld wat hy moes ontgin, maar sy werk was nie vrugteloos nie, want in daardie selfde arbeidsveld is daar nou agt Bantoegemeentes. Hy het meer as dertig Bantoeskooltjies tot stand gebring, die Emmarentia Geldenhuys-hoërskool vir Bantoes gestig en baie kerkies gebou. In 1957 het hy sy emeritaat aanvaar. Op 14 April 1965 is hy in die ouderdom van 82 jaar op Warrnbad. Tvl. oorlede.