Van Niekerk, Hendrik Albertus Du Toit

 

GEBORE

8 Mei 1923

OORLEDE

11 Maart 2014

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1957

ORDEN

1958

standplase

1958 NG Bantoe-Sending Postmasburg

1962 Hennenman

1967 Koue Bokkeveld

1971 NGK Bredasdorp

1977 Suider-Strand

1984 Sendingsekretaris, Wes-Kaap

1987 Org Sekr Kaapstad-streek, Bybelgenootskap van SA

EMERITEER

1996

 

Ons het vanoggend die berig ontvang dat (ds) Day van Niekerk van die Strand Dinsdag (11 Maart 2014) oorlede is.

Hy het die gemeentes Hennenman, Koue Bokkeveld, Bredasdorp en Suider-Strand gedurende sy loopbaan bedien en was Organiserende Sendingsekretaris van die Kaapse Kerk vanaf 1984 tot 1987. Daarna was hy as Organiserende Sekretaris (Kaapstad-streek) by die Bybelgenootskap van SA werksaam.

Sedert sy aftrede het hulle in die Strand gewoon. Day sal onthou word as ‘n vriendelike, entoesiastiese persoon wat die belange van die NG Kerk in sy betrokkenheid in Afrika met groot ywer gedien het.

‘n Dankdiens sal op Maandag 17 Maart in die NG Gemeente Suider-Strand gehou word.

Ons medelye gaan aan sy gesin en familie met hierdie groot persoonlike verlies. Ons eer hom vir sy bydrae in die kerk van die Here (Red);