Van Der Merwe, Willem Nicolaas

 

GEBORE

22 Jul. 1892

OORLEDE

22 Des. 1962

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1920

ORDEN

1921

STANDPLASE

Wellington

1926 Oudtshoorn

1930 Heidelberg, K.P.

EMERITEER

1957

Ds. Willem Nicolaas van der Merwe is op 22 Julie 1892 naby Citrusdal gebore. Na sy legitimasie in 1920 is hy as hulpprediker na Welling-ton, waarheen hy kort daarna as tweede leraar beroep is. Daar was hy veral vir die jeug, tot groot seën. In 1925 is hy na Oudtshoorn, en in 1930 na Heidelberg (Kaap); waar hy ʼn groot werk verrig het tot hy sy emeritaat in 1957. Deur die jare het hy met groot erns en met die moed van sy oortuiging die Woord van God kragtig verkondig en die vestings van die Satan in die Naam van the Here aangedurf. Hy het ook groot en getroue dienste aan die Algemene Sendingkommissie bewys. Na sy emeritaat het hy nog in verskeie gemeentes hulpdiens verrig, en met groot seën as arbeider van ons kerk in verskeie Skiereilandse hospitale opgetree. Hy is op 22 Desember 1962 oorlede in die onderdom van 70 jaar.