Van Der Merwe, Johannes Jacobus Kacheloffer

Ds. Van Der Merwe Johannes

GEBORE

31 Mrt. 1910

OORLEDE

24 Nov. 1970

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1943

ORDEN

1944

STANDPLASE

1944 Bloemfontein

1945 Lady Grey

1951 Kimberley-Noord

1957 Wilgehof

EMERITEER

Ds. Johannes Jacobus Kachelhoffer van der Merwe het die eerste lewenslig op 31 Maart 1910 in die distrik Reddersburg aanskou. Nadat hy in die st. 6-eksamen geslaag het, boer hy tien jaar lank. Soos vir Amos van ouds, roep die Here hom ook agter die veetroppe uit tot sy diens. Hy voltooi sy skoolopleiding, bekwaam hom vir die bediening en, einde 1943 gelegitimeer, gaan hy in 1944 na die moedergemeente Bloemfontein. ‘n Jaar later lei sy weg na Lady Grey en in 1951 na die nuwe gemeente Kimberley-Noord. Na nog ses jaar in die Kaapse Kerk, keer hy as leraar van Wilgehof na sy geliefde Vrystaat terug. Hier werk hy met groot ywer en kennelike vrug tot sy onverwagte heengaan ‘n kort siekbed op 24 November 1970. Fors van persoon en kragtig van stem, het hy nogtans ‘n gevoelige hart en ‘n minsame gees in hom omgedra. Deur die jare het hy in belangrike kerklike kommissies gedien en hom steeds vir die bevordering van ons kerksang beywer. In Bloemfontein was hy ten tyde van sy dood ‘n stadsraadslid. Di. F. J. en W. P. van der Merwe was sy broers. (Jaarboek 1972/540).