GEBORE
1640
OORLEDE
12 Jan. 1666
UNIVERSITEIT
Leiden
GELEGITIMEER
1665
ORDEN
1665
STANDPLASE
1665 Kaapstad
EMERITEER
–
Ds. Joan van Arckel (soms ook Joannes, Johan of Johannes) was die eerste predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, en trouens van enige kerk in die land.
Hy is in 1640 in Den Briel in Nederland gebore en word in 1661 ʼn student in godgeleerdheid aan die Universiteit van Leiden. In 1664 hou hy voor ʼn komitee onder professor Hoornbeeck volgens die gebruik van daardie tyd ʼn disputasie en word deur die klassis (ring) Walcheren as predikant vir Nederlands-Oos-Indië beroep om aan die Kaap werksaam te wees.
Hy kom in die Kaap aan in 1665 as eerste vaste predikant. Dit is ook die stigtingsdatum van die NG gemeente Kaapstad (of Groote Kerk); Hy sterf egter net die jaar daarna op 12 Januarie 1666. Hy is in die binneplein van die Kasteel die Goeie Hoop begrawe.