gebore
31 Jul. 1883
OORLEDE
25 Okt. 1964
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1910
ORDEN
1912
standplase
1920 Rosendal
1925 Theunissen
1928 Petrus Steyn
EMERITEER
1951
Ds. Jacobus Pieter Hermanus Steyn was leraar wat diep spore op ons kerklike akker getrap het. Hy is op 31 Julie 1883 naby Bethlehem gebore. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het by as 16-jarige by die Boeremagte aangesluit. Hy is krygsgevangene geneem en in Groenpunt (Kaapstad) aangehou. Aanvanklik wou hy sendeling word, maar weens gesondheidsredes is hy vir die sendingveld afgekeur. Daarna het hy as predikant gaan studeer: tydens sy studiejare het hy ʼn jaar lank as reisende sekretaris van die C.S.V. opgetree. Na sy legitimasie in 1910 was hy vir ʼn jaar hulpprediker in Noorder-Paarl. In 1912 het hy die eerste leraar van die gemeente Excelsior geword. Daarna het hy agtereenvolgens die gemeentes Rosendal, Theunissen en Petrus Steyn bedien laasgenoemde gemeente 23 jaar lank, tot by sy emeritaat in 1951. Reeds sedert sy studentejare was hy voorstander van die gebruik van Afrikaans, en hy was een van die eerste predikante wat in Afrikaans gepreek het. Van die begin af het hy in die Bybelvertalingkommissie gedien: ook was hy medeverantwoordelik vir die vertaling van die Liturgiese Formuliere in Afrikaans. Hy is op 25 Oktober 1964 oorlede op 81-jarige leeftyd.