
gebore
14 Sep. 1927
OORLEDE
26 Des. 1977
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1955
ORDEN
1956
standplase
1956 Premiermyn
1959 Skeerpoort
1962 Ferndale
1964 Randburg-Suid
EMERITEER
–
Ds Andreis Willem Lategan Smal (14.9.1927 – 26.12.1977) is in Pretoria gebore en het sy skoolonderrig daar en op Potchefstroom geniet. Hy verwerf die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria, maar gaan vir sy teologiese opleiding na Stellenbosch. Na sy legitimasie 1955, bedien hy agtereenvolgens die Transvaalse gemeentes Premiermyn (sedert 15.9.1956); Skeerpoort (1959); Ferndale (Randburg) (1962) en vanaf 1964 die nuwe gemeente Randburg-Suid. Naas die behartiging van sy gemeentepligte, spits hy sy belangstelling veral op die openbare sedelikheid en aktuele sake toe. Hoewel hy ‘n paar jaar moeilikheid met sy hart ondervind het, was sy heengaan in die hospitaal in Aucklandpark heel onverwags. (Jaarboek 1979/270)