Richard, Bernardus Thomas

Ds. Richard Bernardus

GEBORE

17 Aug. 1934

OORLEDE

1 Jan. 1980

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1960

ORDEN

1961

standplase

1961 Oos-Londen

1964 Waverley

1970 Naboomspruit

15 Mrt. 1974 Pretoria

Emeritus

Ds. Bernardus Thomas (Bennie) Richard (17.8.1934 – 1.1.1980); taktvolle en toegewyde medeleraar in die gemeente Pretoria, voorsitter van die Noord-Transvaalse Sinodale Jeugkommissie, lid van die Algemene Sinodale Jeugkommissie en gewilde spreker by jeug- en skoolverlaterskampe, het vermoedelik aan hartversaking beswyk nadat hy by Stilbaai deur die Kafferkuilsrivier geswem het. Omtrent vier maande tevore het hy ‘n hartoperasie ondergaan, maar hy het so mooi herstel dat dit gelyk het of hy heeltemal gesond was. Hy is in die Paarl gebore en na matriek behaal hy die BA- graad deur buitemuurse studie in Pretoria. Hy voltooi sy studie 1960 op Stellenbosch en bedien daarna die gemeentes Oos-Londen (4.2.1961 bevestig); Waverley (1964) en Naboomspruit (1970); voordat hy Maart 1974 na Pretoria gaan. In al die gemeentes waarin hy gestaan het, sowel as in die breër kerklike verband, het hy ‘n leidende rol in jeugaangeleenthede gespeel en daarom was sy vroeë en onverwagte heengaan veral vir die jongmense van die kerk ‘n groot slag. Sy eggenote, Louise Richard, die bekende skryfster van Christelike verhale en artikels, is ‘n dogter van ds. en mev. J F Linde. (Jaarboek 1981/258).