Rens, Ruben Daniel

Ds. Rens Ruben

GEBORE

3 Sep. 1888

OORLEDE

9 Nov. 1980

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1925

ORDEN

1926

standplase

1926 Dordrecht

1927 Premiermyn

1932 Eendracht

Emeritus

1951

Ds. Ruben Daniel Rens (3.9.1888 – 9.11.1980) het, terwyl hy ‘n bietjie meer as 25 jaar in die aktiewe bediening gestaan het, nog byna 30 jaar na sy aftrede op 4.4.1951 geleef. As seun van Uitenhage werk hy daar as boekhouer by ‘n groot saak voordat hy verder gaan studeer. Nadat hy sy teologiese studies einde 1925 op Stellenbosch voltooi het, word hy gevra om drie maande in die gemeente Dordrecht behulpsaam te wees, maar kort daarna word hy as medeleraar, met eintlike werkkring die Rossouw-wyk, beroep. Sy bevestiging volg 20.2.1926. Einde daardie jaar neem hy ‘n beroep na Premiermyn aan waar hy Februarie 1927 bevestig word en vyf jaar later gaan hy na nog ‘n Transvaalse gemeente, Eendracht, waar hy sy emeritaat aanvaar. Die egpaar gaan woon op Gordonsbaai, waar die einde van sy lang lewensreis dan ook aanbreek, maar gedurende baie jare verrig hy nog in ‘n hele aantal gemeentes hoog gewaardeerde hulpdiens. Een van die plekke waar hy met buitengewone vrug en seën gearbei het, was Oranjemund. Hy bedien die pasgestigte gemeente etlike maande voor die bevestiging van die eerste leraar en word as werktuig in die hande van die Here gebruik om ‘n hegte grondslag te lê. Sy besondere persoonlikheid het baie daartoe bygedra om mense na die Kerk te trek. (Jaarboek 1982/258).