Reinecke, Daniel Michiel

 

GEBORE

6 Jan. 1854

OORLEDE

2 Febr. 1943

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1881

ORDEN

1883

standplase

 Ceres

1900 Groot Drakenstein

1903 Lanquedoc

1905 Sekr. Afskaffersver

1913 Calvinia

Emeritus

1916

Eerw. Daniel Michiel Reinecke is ‘n seun van Swellendam waar hy op 6 Januarie 1854 gebore is. Aanvanklik het hy hom aan die onderwys in sy geboortedorp gewy, maar onder invloed van dr. W. Robertson het hy besluit om sendeling te word. Hy was dan ook een van die eerste studente wat hulle volle voorbereiding aan die Instituut te Wellington ontvang het. Sy eerste gemeente was Ceres waar hy vir byna twintig jaar vanaf 1881-1900 met baie groot seën gearbei het. Hy het baanbrekerswerk gedoen en veral veel tot stand gebring in verband met die onderwys van die kinders van sy gemeente. Hy was vir ‘n aantal jare ook scriba van die Sinode van die Sendingkerk. In die jaar 1900 het hy op versoek van Cecil Rhodes na Languedoc, Groot Drakenstein, gegaan waar hy die geestelike belange van die kleurlinge van die omgewing vir vyf jaar behartig het. Daarna het hy as sekretaris van die Afskaffersbeweging opgetree. Die beweging het in hom ‘n warme voorstander gehad. Vanaf 1912 was hy werksaam te Calvinia, maar in 1916 het hy weens swak gesondheid afgetree en hom op Ceres gaan vestig waar hy op 2 Februarie 1943 oorlede is.