gestig
26 April 1943
waarby ingelyf is
ring
Ring van Delmas
Adres
Yvonneweg 15, Selectionpark, Springs
eerste predikant
Ds. H.J. Moolman
Die NG Gemeente Selectionpark is ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.
Hierdie gemeente is op 23 Augustus 1943van die moedergemeente Springs afgestig. Ds. H.J. Moolman was die eerste leraar van Januarie 1944 tot November 1946. In Januarie 1947 is ds. J.J. Louw as sy opvolger bevestig.
Op 24 Augustus 1947 is die kerkgebou in gebruik geneem nadat die eredienste sedert die stigting in die saal van die Engelse hoërskool gehou is. Ds. J.R. Albertyn, destyds algemene armesorgsekretaris van die Transvaalse Kerk, het die wydingsrede uitgespreek. Die gebou is so beplan dat vooriening gemaak is vir ‘n gewone, goed toegeruste saal sowel as ‘n volledig gemeubileerde “kerk” vir die eredienste, en die twee lokale aan mekaar verbind kan word om die “kerk” te vergroot wanneer nodig. Die totale koste, alles ingesluit, het sowat £11 000 beloop.
Binne agt jaar van sy ontstaan het die gemeente gegroei tot sowat 650 lidmate. In 2022 was hier 234 doop- en 859 belydende lidmate.
Predikante
- Paul Joubert, 2005 – hede