NG Gemeente Pinetown

gestig

20 September 1946

Afgestig van

NG Gemeente Durban-Wes

Ring

Ring van Durban

Adres

H/v Bamboo- en St Johnslaan, Pinetown

Eerste predikant

Ds NJS van der Merwe

Die NG Gemeente Pinetown is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.

Met die snelle uitbreding van die voorstede van Durban is daar op 20 September 1946 deur die Ringskommissie van Pietermaritzburg ‘n stigtingsvergadering vir die NG gemeente Pinetown in die kerksaal in Marianhillweg, Pinetown gehou. Die Ringskommissie het uit di. C.W.I. Pistorius, H.C.J. Flemming en C. Nel (scriba) bestaan.

Aanbvanklik is daar nog in die Kerksaal kerk gehou. Die huidige kerkgebou se hoeksteen is gelê deur ds. J.G. Odendaal met die kerk se inwyding op 29 November 1958. Dit is ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn & Moors en die bouaannemer was Dirker Brs. (Edms.) Bpk.

Dogtergemeentes

  • 1974: Escombe
  • 1975: Escombe
  • 1984: Krantzkloof

Predikante

  • Nicolaas Johannes Stephanus van der Merwe, 1947 – 1949
  • Johannes Gerhardus Odendaal, 1950 – 1960
  • Dirk Petrus Myburgh, 1960 – 1962
  • Christoffel Colyn, 1962 – 1969
  • Abraham Marthinus van Wyk, 1967 – 1972
  • Albertus Driescher, 1969 – 1974
  • Christiaan Johannes (Tiaan) Jordaan, 1973 – 1974
  • Nathan Frans Wilson, 1973 – 1975
  • Abraham van Zyl, 1975 – 1979
  • Marthinus le Roux, 1976 – 1981
  • Leon Dennis le Roux, 1979 – 2002
  • John Bernard Mostert, 1982 – 1984
  • Mattheus Lourens (Theo) Human, 1982 – hede