NG Gemeente Marydale

NG Gemeente Marydale

gestig

10 November 1916

ingelyf by

1 Maart 2001

NG Gemeente Prieska

Die NG Gemeente Marydale was ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

Marydaie word beskrywe as “n mooi vruchtbaar, waterrijk, veel belovend dorpje — gelegen twee mijien van de Draghoender spoorweg statie, tussen Prieska en Kenhardt, in het Noordwestelike gedeelte van de Kaap Provincie”. Die dorp is vernoem na Maria, eggenote van die heer G P Snijman, aan wie die oorspronklike piaas Witputs behoort het. Hy het die grond in erwe iaat opsny en met die stigting van die gemeente elf erwe vir kerklike doeleindes aan die Kerkraad geskenk. Daarby het hy ‘n verdere 108 erwe vir ‘n bedrag van £950 aan die Kerkraad verkoop en hierop is die dorp Marydale uitgelê. Terwyl Marydaie iets minder as 80 kilometer van Prieska af is, is dit byna 120 kilometer van Kenhardt af. Voor sy selfstandigwording was dit ‘n buitewyk van Prieska, maar, soos in die geval van Pofadder is van die omliggende plase van Kenhardt met die afstigting by Marydale
ingeskakel. Sowel Prieska as Kenhardt het destyds onder die ring van Britstown sorteer, en dit le voor die hand dat die Ringskommissie van hierdie Ring, wat op 10 November 1916 leiding by die stigting van Marydale geneem het, so ‘n grensreëiing sou getref het.

Die gemeente is op 10 November1916 deur die ringskommissie van Britstown gestig. Die kerkraad is op 23 Desember bevestig en hulle het dadelik besluit om die dorp Marydale vir £950 oor te neem. Die skoolgebou is aanvanklik as aanbiddingsplek gebruik.

Dogtergemeentes

  • Boegoeberg 1935

Predikante