gestig
1944
waarby ingelyf is
NG Gemeente Moria-Grootfontein
ring
Noordelike Ring
adres
Dr Nickey Iyambostraat 24, Grootfontein
eerste predikant
–
Die NG Gemeente Grootfontein is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.
Beginjare
Die storie van die gemeente begin met ds. Neethling van Angola se oorslapery by Dorslandtrekkers op pad terug na Transvaal. Op 4 September 1895 word nagmaal gevier op die plaas Strydfontein (van kmdt. Lombaard) net buite Grootfontein. Dit was terloops die naam (Gei-/ous) wat die plaaslike Boesman/San-mense aan die water en wildryke plek gegee het. Na jare se pogings word Moria gemeente in 1902 uiteindelik gestig wat Grootfontein insluit. Na verdeeldheid en die hersamestelling van die gemeente as Otjiwarongo-gemeente (1939), stig Grootfontein weer in 1944 af. Rundu, Tsumeb en Otavi was aanvanklik wyke. Die koms van die spoorlyn, myne en later die weermag het telkens ’n rol gespeel in die ontwikkeling van die dorp en gemeenskap. Die ankerpaal was altyd maar die landbou sektor. In Oktober 1968 is die nuwe kerkgebou in gebruik geneem. Die kerkgebou en gemeente was deur die sogenaamde bosoorlogjare ’n geestelike tuiste vir die troepies.
Predikante
- Dirk Johannes de Vos, 1999 – hede