NG Gemeente Moria-Grootfontein

gestig

1902

later bekend

NG Gemeente Otjiwarongo

ingelyf by

NG Gemeente Grootfontein

Die beginjare

Die storie van die gemeente begin met ds Neethling van Angola se oorslapery by Dorslandtrekkers op pad terug na Transvaal. Op 4 Sept 1895 word nagmaal gevier op die plaas Strydfontein (van Kmdt Lombaard) net buite Grootfontein. Dit was terloops die naam (Gei-/ous) wat die plaaslike Boesman/San-mense aan die water en wildryke plek gegee het. Na jare se pogings word Moria gemeente in 1902 uiteindelik gestig wat Grootfontein insluit. Na verdeeldheid en die hersamestelling van die gemeente as Otjiwarongo-gemeente (1939), stig Grootfontein weer in 1944 af.

Dogtergemeentes

  • 1944 Grootfontein
  • 1950 Tsumeb
  • 1952 Walvisbaai
  • 1955 Otavi