NG Gemeente Chabut

NG Gemeente Chabut (Foto: Morne van Rooyen)

gestig

13 September 1903

ook bekend as

Colonia Boera

Ring

Adres

Comodoro Rivadavia, Argentinië

Eerste predikant

Ds AJ Jacobs

Die NG Gemeente Chabut was ‘n gemeente van die Kaapse Kerk.

Die eerste, klein trek na Argentinië was in 1902 onder leiding van Lewis Baumann van Bloemfontein. In September 1903, ná die Boereoorlog, het die tweede trek van Afrikaners, onder leiding van C.J.N. Visser van Maclear in die Noordoos-Kaap na Argentinië gegaan.  Die derde trek, was in 1905 onder leiding van M.M. Venter, ’n oudlid van die Kaapse Wetgewende Vergadering.

Die Vissertrek het bestaan uit 102 mense en het op 13 September 1903 as ‘n gemeente onder ds. L P Vorster op die skip, waarop hulle Suid-Afrika verlaat het, byeengekom en ouderlinge en diakens verkies. Die meeste van hulle was lidmate van die NG Kerk en die res Gereformeerdes.

In 1906 het die Kaapse Kerk se Kommissie vir Hulpbehoewende Kerke ds. A.J. Jacobs na Argentinië gestuur om dié kerkverband opnuut daar te organiseer. Hy het die gemeente Colonia Boera (die latere NG gemeente Chubut) georganiseer waarby lidmate van sowel die NG as Gereformeerde Kerk aangesluit het, hoewel dit eintlik ’n gemeente van die Kaapse NG Kerk was.

In Februarie 1911 keer ds. Jacobs terug na sy vaderland. Die Kaapse Kerk het blykbaar besluit dat die gemeente Chubut met die vertrek van ds. Jacobs outomaties ontbind het, want met die koms van ds. J.J. Wasserfall in 1928 is die gemeente herstig en die eerste keer ingelyf by die Kaapse Kerk.

Lees meer hier.

 

Predikante

  • Andreas Johannes Jacobs, 1906–1911
  • Jacob Johannes Wasserfall, 1928–1931
  • Hendrik Johannes Piek, 1933–1935
  • Jan Stephanus Klopper, 1935–1937