
20 April 1938
herstig
1 Maart 1993
waarby ingelyf is
NG Gemeente Cottesloe;
NG Gemeente Brixton;
NG Gemeente Johannesburg-Wes;
NG Gemeente Langlaagte en
NG Gemeente Crosby-Wes
ook bekend as
Brixton Church/Kerk
adres
Putneyweg 43, Brixton
Eerste predikant
Ds
Die NG Gemeente Brixton-Kerk is ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.
Die NG gemeente Brixton was ‘n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die westelike voorstad van Johannesburg met dieselfde naam wat in 1993 saam met die NG gemeente Johannesburg-Wes ingelyf is by die nuwe NG gemeente Vergesig. Brixton se kerkgebou het toe die middelpunt van die saamgestelde gemeente geword, waarby sedertdien nog twee gemeentes, NG gemeente Langlaagte (met daarby ingelyf NG gemeente Fordsburg, waarby NG gemeente Mayfair ingelyf is) en NG gemeente Crosby-Wes ingelyf is. Die sewende van die eertydse gemeentes wat in 2010 gesentreer het om die Brixtonse kerkgebou, is NG gemeente Cottesloe, wat reeds omstreeks 1985 deel van Brixton se gemeente geword het. Omstreeks 2014 het Vergesig se naam Brixton Kerk geword.
Predikante
- Johannes Benjamin Visser, 2009 – 2012
- Hendrik Abel van Rooyen, 1993 – hede