gestig
18 Julie 1945
saamgesmelt met
15 Maart 1992
NG Gemeente Glenwood en
NG Gemeente Port Natal as
NG Gemeente Port Natal
herstig
1997
Ring
Ring van Durban
Adres
Tuinsig Sentrum, Problem Mkhizeweg 12, Morningside, Durban
eerste predikant
Ds. F.N. van Niekerk
Die NG Gemeente Berea is ‘n gemeente in die Sinode van KwaZulu-Natal.
Die woongebied Berea bied ‘n pragtige uitsig oor die stad Durban en die see. Die mooi parke en die botaniese tuin verleen ‘n rustigheid aan die omgewing. Tydens stigting in 1945 het die gemeente nie ‘n eie aanbiddingsplek gehad nie.
Die eerste leraar (1946 – 1948), ds. F.N. van Niekerk het dadelik begin met onderhandelings vir ‘n kerksaal. Gedurende ds J. Adler se bediening (1948 – 1968) is die saal gebou, en later ook ‘n kerkgebou, wat in 1958 in gebruik geneem is.
Heelwat later het die stadsgemeentes begin ontvolk en onder finansiële druk het Berea, Glenwood en Port Natal gemeentes besluit op eenwording op 15 Maart 1992. Berea se kerkgebou is verkoop, maar die gemeente het weer in 1997 afgestig.
Hul nuwe aanbiddingsplek, wat ingerig is by Tuinsig Sentrum vir Bejaardes, is in gebruik geneem met ‘n funksie, orrelspel en musiek.